MY LEWENSTAAK - LEERDERS

As leerder van HTS Carel de Wet streef ek na uitmuntendheid ten opsigte van my gesag, werkprestasies, leerprestasies, sportprestasies, kultuurprestasies en neem my eie besluite en daarom kies ek om - 

  • Die woord van God as onfeilbare en betroubare gids te gehoorsaam en in woord en daad uit te leef.
  • Nooit myself, my ouerhuis of skool in die skande te steek nie.
  • Nooit die swak skakel in die ketting te wees nie.
  • Leergierig en ywerig te wees.
  • My bekwaamheid wat van God kom met helder verstand, bedrewe hande, onverskrokke moed en toegewydheid daagliks te ontwikkel.
  • Verantwoordelikheid en blaam te aanvaar vir die verloop van my lewe - vir goeie en slegte gevolge.
  • 'n Opgeruimde, vriendelike en gebalanseerde lewensbenadering na te streef.
  • Die uitdagings van verandering en vernuwing te aanvaar.
  • Roepingsgetrou in alles wat ek doen.