HTS CAREL DE WET KRY EIE IDENTITEIT - 1965


HTS Carel de Wet het aan die einde van 1965 'n eie identiteit verkry met die verdeling van die Vanderbijlparkse Tegniese Kollege in twee volwaardige skole. HTS Carel de Wet word teen 'n koste van R660 000 in Jan van Riebeeck blvd opgerig. Die argitek was mnr. LJ Botha en die bouer mnr SR Nicolas.

Die inwyding van die nuwe skool vind plaas op 2 Junie 1966. By die geleentheid het dr. Carel de Wet, destyds Minister van Mynwese en Beplanning self die rede gevoer.

Mnr. P W Dempsey is aangestel as die eerste hoof en die skool open met 383 leerders en 35 personeellede, die skooldrag word ontwerp deur mnr Johan Cornelissen en die skoollied was geskryf deur ds PW Buys.

Gietery toerusting is in Augustus 1969 deur die S A Instituut van Gieterywese aan die skool geskenk en op 14 April 1969 kry die skool sy eerste bus.

Mnr G L E Gaigher word in September 1982 aangestel as die tweede hoof van HTS Carel de Wet. en na 17 Jaar tree hy af in 1998. Mnr. G J Richter word aangestel as die derde hoof van HTS Carel de Wet op 1 Maart 1999 en na 18 Jaar tree hy af in 2017.  Mnr JJP Labuschagne word aangestel as die vierde hoof van HTS Carel de Wet op 1 Maart 2019.